Your Recipe Blog

SPUR BUFFALO WINGS

SPUR BUFFALO WINGS

Ons het vir baie jare net Spur toe gegaan vir die vlerkies. Dieselfde kelner het ons elke keer bedien. Toe hy die dag klaarmaak daar, het hy vir my die resep gegee.

  • vlerkies, genoeg vir die hoeveelheid porsies wat jy gaan bedien
  • Spur “basting sauce” of Jimmy sous, genoeg om vlerkies te bedek
  • olie, om in te braai

Sny die voorpunt van die vlerkies af.
Sny die vlerkies in die middel by die lit ook deur.
Strooi sout oor en braai in warm olie tot net gaar.
Maak intussen die “basting sauce” stadig warm in ‘n pan op stoof.
Wanneer die vlerkies gaar is, plaas hulle dadelik in die pan met sous en roer goed deur.
Laat stadig prut sodat die sous die vlerkies heeltemal bedek.
Lekker eet.

Resep: Aneen Ferreira

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page