Your Recipe Blog

SPOORWEG STASIE SE BRUINSOUS

SPOORWEG STASIE SE BRUINSOUS

DESTYDSE PARKSTASIE RESTAURANT BRUINSOUS
(WAT BY PASTEI VAN DIE DESTYDSE PARKSTASIE RESTAURANT GEKOM HET)

Nota:
Ek het die ertjiemeel in hierdie resep verander na kekerertjiemeel toe, omdat ons terugvoer was dat die ertjiemeel regtig nie lekker smaak nie.

  • 900 g kekerertjiemeel * Lees asb onder aan
  • 3 pakkies beesstertsop
  • 500 g Bisto
  • 900 g koekmeel
  • bietjie maalvleis, opsioneel

Sif die bestanddele drie keer saam.
Hou dit in ‘n houer in die yskas en haal uit wanneer jy dit wil gebruik.

Byvoorbeeld:
Braai 1 ui saam met ‘n bietjie maalvleis.(opsioneel)
Meng 1 koppie van die droë bestanddele met bietjie water en maak ‘n pasta.
Plaas in kastrol by vleis en uie, roer goed, en voeg water by om ‘n lekker sous te vorm.

Resep ingestuur deur – Daleen Miessner
Foto: Koos vand der Merwe

Nota: Koos van der Merwe
Ek het daai stasie bruin sous probeer.
Oral waar ek gaan vra vir ertjie meel en die mense vra wat wil ek maak en ek sê stasie bruinsous dan sê hulle, Oh dis Bisto…
Dischem hier by my het gehoor van ertjiemeel, maar verkoop dit nie.
Toe gaan ek Checkers Hyper toe en sien niks. Ek vra toe ‘n Indier vrou en sy baie behulpsaam vertel my alles en die regte naam volgens haar “Chickpea flour”
Sy sê ook hulle gebruik dit om sous te verdik en as ‘n bindmiddel. Volgens haar sal ek by enige Indier speserye plek dit kry en sê daar is baie in Laudium.
Op pad besluit ek om maar in te hardloop by Woolworths en daar kry ek “Chickpea flour”.
Proe vir my soos rou grondboontjies.
By die huis gekom en die mengsel volgens die resep gemaak maar net ‘n derde van als. Dit is op die einde ‘n hele kosblik vol poeier en ek het dit ook 3 keer gesif soos hulle sê om mooi te meng.
Uie gebraai nie vleis by gesit nie.
Drie eetlepels van die poeier en ‘n halwe beker water toe is dit soos gom.
Beker vol water gemaak en weer geroer toe raak dit ‘n pasta.
Alles by die gebraaide uie gegooi en nog ‘n beker water tot dit vir my reg was vir ‘n “Pie Gravy”.
Die bruin/swart kolletjies is gebraaide uie. Ek het die sous laat staan vir 30 minute sodat die poeier darem gaar word.
Ek het bietjie sout en peper by gegooi.
Ek weet hoe ruik dit – Blerrie lekker!
Ek weet hoe proe, ek wag dat my vrou maar sê wat sy dink 🙂
Maar julle kan maar maak en self besluit.

Category:

3 Reviews

  1. Avatar photoMarina Steyn

    The above recipe makes a lot of souse. I devided the recipe x4. Then still split the mixed ingredients into two. The mixed dry ingredients I put in a 3liter pot. Added water. It was very very thick. I ended up adding 12 cups of water. Brought the souse to boil slowly. While frying onions. I only added the onions to the souse after I managed to get a nice soft creamy souse . After adding 12 cups of water the souse still came out thick yet OK to use. You need to add salt also. I added 1 teaspoon of salt and six teaspoons of sugar. It turned out OK. I managed to get the pea flour. I bought it from Pick and Pay. The amount of souse I made after deviding x 4 was 1 x 3liter pot full of souse.

    Star
  2. Avatar photoMarina Steyn

    The above recipe makes a lot of sauce . I devided the recipe x4. Then still split the mixed ingredients into two. The mixed dry ingredients I put in a 3 liter pot. Added water. It was very very thick. I ended up adding 12 cups of water. Brought the sauce
    to boil slowly. While frying onions. I only added the onions to the sauce after I managed to get a nice soft creamy sauce. After adding 12 cups of water the sauce still came out thick yet OK to use. You need to add salt also. I added 1 teaspoon of salt and six teaspoons of sugar. It turned out OK. I managed to get the pea flour. I bought it from Pick and Pay. The amount of sauce
    I made after deviding x 4 was 1 x 3liter pot full of sauce.

    Star
  3. Avatar photoMarina Steyn

    Perhaps for home use. For a small amount of sauce. Instead of 300g rather use 30g of each ingredient.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5