Your Recipe Blog

SPONSKLUITJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 minute

SPONSKLUITJIES

Sponskluitjies… met baie kaneel en botter!

  • 1 liter melk (hou van die melk eenkant om met meel te meng tot ‘n slap degie – 125 ml tot 250 ml of hoeveel nodig is)
  • 1 heel kaneelstokkie
  • 200 ml koekmeel
  • knippie sout
  • 3 jumbo eiers, geskei
  • 125 ml suiker
  • 15 ml botter
  • kaneelsuiker

Klits die eierwitte styf.
Meng die uitgehoude melk, meel, eiers, suiker en sout goed saam tot glad.
Verhit die res van die melk met ‘n kaneelstokkie in.
Giet die meelmengsel met ‘n dun straal in die warm melk terwyl jy aanhoudend roer anders gaan dit klonte vorm in die melk indien dit te vinnig bygevoeg word.
Kook op stadige hitte tot dik.
Haal van die hitte af en roer die botter in.
Vou die styfgeklitste eierwitte in met ‘n metaal lepel.
Smelt die botter en meng bietjie kaneelsuiker in.
Doop nou ‘n lepel in die bottermengsel en skep lepels vol in ‘n oondbak.
Strooi na elke laag bietjie kaneelsuiker oor.
Bak in voorverhitte oond op 180°C vir 20 min.

Foto en resep geplaas deur Liezl Blom Grove

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page