SPINASIESLAAI MET DADELS EN APPEL
(Die hoeveelhede word bepaal deur die aantal porsies wat jy gaan bedien)
- spinasie, lekker fyn gebreek
- spek blokkies, gebraai
- gesnipperde dadels
- gekapte seldery
- gekapte Pink Lady OF Crisp pienk appels
- stukkies gerookte kaas, opsioneel
- gekapte okkerneute, moenie uitlos uit resep nie
- gekrummelde fetakaas
Was spinasie baie goed en “spin” droog in salad spinner -moenie droog druk nie – Dit kneus.
Sny die appel in blokkie en spoel af onder koue water.
Pak nou die slaai in lae in die volgende volgorde:
Gesnipperde spinasie in vlak slaai bak
Gesnipperde dadels
Gebraaide spek blokkies
Gekapte seldery
Appel blokkies
Stukkies gerookte kaas, opsioneel
Gekapte okkerneute
Heel laaste- sprinkel gekrummelde fetakaas oor.
- Slaaisous:
- mayonnaise (Nola ULTRA creamy)
- kondensmelk of goue stroop
Meng goed saam.
Die mayonnaise moet nie‘n suur basis hê nie/ dis ‘n “Soet-Sout” resep.
Sit Lyles goue stroop by tot JOU verlangde soet smaak.
Die oorspronklike sous het kondensmelk in, maar ek vervang dit met die stroop.
Hoop julle geniet dit!
Nota:
Die oorspronklike resep sê ook dat mens die sous tussen die lae moet gooi, MAAR dan sit mens met ‘n nat ” morsige” slaai as daar oorbly- so ek sit die slaai sous op die tafel en elkeen sit vir hulle sous op na gelang.
Resep: Erna Welgemoed Bruwer
Foto: Rina Kleinhans
Nota en aanpassing:
Ek het die seldery uitgelaat, pekanneute en nie rooi appel gebruik nie en my mayonnaise met room en kondensmelk gemaak tot ‘n redelike dik sous wat ek net oorgedrup het, ek het slaaisous oor die spinasie gedrup en weer oor die spek lagie en weer net liggies voor die feta, my sous was lekker dik en het glad nie ‘n “souserige besigheid veroorsaak nie, die room breek die erge soet ook… uit die boeke lekker!!!