SPINASIE TERT
- 400 g spinasie
- 250 g sampioene
- 250 g spek
- 250 ml volroom
- 250 ml melk
- 1 ui, opgekap
- 4 eiers
- 2 kopies Chedder kaas, gerasper
- 1 koppie Mozzarella
Braai ui met spinasie, spek en sampioene, geur met Aromat.
Indien dit water maak, laat kook maar weg.
Meng 3/4 van al die kaas in. Klits eiers, room en melk en voeg by spinasiemengsel.
Skep in ‘n oondbak (ek het medium en “small” gemaak met een mengsel)
Sprinkel die res van die kaas bo-oor en gemengde kruie, na smaak.
Bak in warm oond van 190°C vir omtrent 40 minute.
Geniet!
Resep en foto: Mclouwrens De Beer