SPINASIE, SPEK EN FETA RING
- 1 ui, fyngekap
- 1 pakkie spekstukkies
- ± 500 g spinasie, gedreineer
- 1 eetlepel botter
- 3 skywe Fetakaas, gekrummel
- sout en grofgemaalde peper, na smaak
- 2 eetlepels Worcestersous
- 1 geklitste eier
Braai uie tot deurskynend. Voeg spekstukkies by en braai tot gaar. Meng deur met fyngekapte spinasie. Voeg sout, peper en Worcestersous by. Meng goed. Laat afkoel. Voeg gekrummelde Feta en geklitste eier by en meng goed.
Rol die skilferkors uit. Neem ‘n lekker groot bord. Ek het groot glas pizza borde gebruik.
Sny 2 sirkels uit. Plaas die eerste sirkel op die bakplaat en skep van die vulsel in die middel en op die kant in ‘n sirkel (kyk die tweede foto).
Los ‘n spasie oop tussen die middelste vulsel en die kant se vulsel. Smeer die opening tussen die middelste vulsel en die rand met eiermengsel.
Plaas 2de sirkel bo op vulsel.
Druk poedingbakkie oor die middelste vulsel en druk die rante vas.
Sny in skywe rondom en draai elke skyf bietjie sodat die vulsel na bo wys. Haal die poedingbakkie af.
Bak by 180 ºC. Dink dit was so om en by 25 of 30 minute.
Foto: Petré van Jaarsveld