SPINASIE ROOMSOP
Ek het gisteraand spinasie roomsop gemaak, dit was heerlik en so maklik om te maak!
- 3 eetlepels botter
- 1 pak vars spinasie, opgesnipper
- 1 pak opgesnyde sampioene
- 1 ui, gekap
- 1 koppie gerasperde kaas
- 1 pakkie sampioenroom sop
- 500 ml melk
- 500 ml room
Braai die ui en sampioene in die botter in ‘n kastrol en voeg die spinasie by.
Draai die stoof af tot lae hitte en sit kastrol se deksel op. Moet geen water byvoeg nie.
Terwyl die spinasie tot sag stoom, maak die pakkie sop met die melk aan.
Sodra die spinasie verlep lyk, voeg die sopmengsel en die kaas by.
Roer goed en voeg die room by.
Laat prut op lae hitte vir so 5 minute.
Bedien met Franse broodjie en lekker botter.
Foto en resep: Maryke Jonck