SPINASIE MET AARTAPPEL
- 2 medium uie, in blokkies gesny
- 6 klein aartappels, in kwarte gesny
- sout na smaak en heelwat gemaalde swartpeper
- ½ teelepel knoffel
- 300 g Swiss chard spinasie, gekerf
Sit die uie en aartapples eerste in ‘n swart kastrol met sout, peper en knoffel.
Giet genoeg water in om dit te bedek.
Plaas die Swiss Chard spinasie bo op.
Met ‘n toe deksel kook op, medium hitte tot amper droog gekook, die aartappels en uie sal dan sag wees.
Sit ‘n redelike klont botter op en laat weer amper droog kook. Meng alles saam.
Resep en Fotos: Elmarie Petzer












