SPINASIE-EN BLAARSLAAI
- 1 kop blaarslaai
- 1 bossie jong spinasieblare
- 1 pakkie spek, in stukies gesny en bros gebraai
- 8 snye witbrood, in blokkies gesny en in olie gebraai (croutons)
- 50 g boontjiespruite
- 4 hard gekookte eiers
- Slaaisous:
- 75 ml olie
- 50 ml suurlemoensap
- 60 ml lemoensap
- 1 knoffelhuisie, fyn gekap
- 2 ml suiker
- 2 ml mosterdpoeier
- 2 ml kerriepoeier
- sout en peper na smaak
Breek die blaarslaai se blare los , spoel goed af en rangskik onder in ‘n vlak slaaibak.
Breek of sny die spinasie blare in stukkies en rangskik bo-op slaaiblare.
Sprinkel die spekvleisstukkies en broodblokkies oor die blare, en volgende die boontjiespruite.
Verwyder die geel van die eier en rasper fyn. Rangskik die gerasperde eiergeel in die middel van die slaai.
Kap die eierwitte fyn en sprinkel oor die slaai.
Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed.
Drup net voor bediening oor die slaai.
VARIASIE: Kerf die blaarslaai en spinasieblare en meng saam, indien jy nie twee lae wil pak nie.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Rina Kleinhans