SPINASIE DEEGRING
- Roomkaas tertdeeg:
- 500 ml koekmeel
- 250 g margarien
- eiergeel, geklits
- 1 ml sout
- 125 ml roomkaas of maaskaas
- Vulsel:
- 1 ui, gekap
- 30 ml botter
- 5 ml aangemaakte mosterd
- 1 ml vars gemaalde swartpeper
- 500 g bevrore spinasie of vars geblansjeerde spinasie
- 1 knoffelhuisie, gekneus
- 15 ml suurlemoensap
- sout
- 15 ml koekmeel
- 50 ml suurroom
Deeg:
Sif koekmeel en sout saam.
Vryf margarien met vingerpunte in die meel in.
Voeg genoeg roomkaas by om ‘n sagte, stywe deeg te verkry. Meng goed.
Maak die deeg toe in kleefplastiek en verkoel in yskas.
Vulsel:
Soteer ui en knoffel in verhitte botter.
Voeg res van bestanddele behalwe suurroom by en kook net deur.
Laat afkoel. Voeg room by en meng.
Rol deeg langwerpig uit op goed meelbestrooide oppervlakte.
Skep vulsel in die middel van die uitgerolde deeg.
Vorm deeg versigtig in ‘n rol, bring die punte na mekaar toe en vorm in ‘n ring.
Verseël kante met geklitste eiergeel. Plaas die sirkel op ‘n gepuite bakplaat.
Sny kepe met ‘n skêr in die deeg, maar nie deur nie.
Verglans met eiergeel.
Bak 20 min in voorafverhitte oond by 200°C.
Resep geplaas deur Amanda Struwig
Foto: Susan Strydom