Your Recipe Blog

SPEK, CHEDDER- EN PARMESAAN KAAS BRAAI PIE

SPEK, CHEDDER- EN PARMESAAN KAAS BRAAI PIE

  • 1 rol gekoopte blaardeeg
  • Maak dik witsous:
  • 3 eetlepels botter, gesmelt
  • 5-6 eetlepels bruismeel
  • 125 ml melk + ekstra
  • 250 g spekstukkies
  • 1 koppie Cheddar kaas, gerasper
  • 3 eetlepels fyn Parmesan kaas
  • sout en Aromat, na smaak

Smelt die botter in ‘n klein potjie op die stoof. Meng sout, aromat en bruismeel, en voeg by gesmelte botter.  Voeg ‘n halwe koppie melk by, meng goed deur en op lae hitte roer en laat begin verdik, sit dan bietjie, bietjie by ekstra melk by en roer aanhoudend, dit moet ‘n redelik dik witsous wees sodat dit vir die pastei kan stol wanneer dit afkoel.
Braai die stukkies spek in ‘n pan en meng die spek saam met die kaas en fyn parmesaan kaas in die witsous in.
Koel die vulsel af en skep op die een helfte van die oopgerolde deeg, vou die deeg toe en druk kante goed toe.
Sit die pastei in die vrieskas totdat die kole reg is.
As kole gereed is, plaas gevriesde pastei in ‘n toeknyp rooster wat met foelie uitgevoer is.
Braai op warm kole totdat beide kante geseël is (bruin en krakerig), verwyder dan die foelie uit die rooster en braai verder totdat deeg deur gaar is.

Nota:
Kole kan bietjie oopgekrap word na die foelie verwyder is dat die deeg nie brand nie.
Sodra die deeg deur gaar is en die kaas lekker gesmelt, kan die braai pie bedien word.

Resep en foto: Martha Coetzee

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page