Your Recipe Blog

SPEK- EN UIEKONFYT

SPEK- EN UIEKONFYT

  • 5 groot rooiuie, in lang repies gekap
  • olie vir braai
  • 3 x 250 g pakkies spek, in klein blokkies gesny
  • 125 ml donker bruinsuiker
  • 1 houertjie kersietamaties
  • 200 ml balsamiese asyn
  • handvol roketblare, met bietjie olyfolie bedruip

Braai die uie in ‘n bietjie olie.
Voeg die spek by en braai totdat die vet begin uitbraai.
Voeg nou die tamaties by en braai totdat dit oopbars. Voeg die suiker by en roer, ‘n stroop sal begin vorm. Voeg die asyn by sodra die tamaties begin disintegreer. Roer die hele tyd sodat die suiker nie aan die bodem vasbrand nie. Bottel en bere in die yskas.
Bedien op ‘n rolletjie met kouevleis en roketblare.

Foto: Sanet Smith Verster

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page