SPEK EN MAALVLEIS MUFFINS
Goeiemiddag almal. Ek het vandag iets nuuts probeer. Was moeg vir gewone kossies. Dit was heerlik!!
- 2 pakkies repies spek
- 500 g maalvleis
- 6 eiers
- 1 handvol broodkrummels
Gebruik muffin pan en plaas repies spek dwars oor mekaar. Meng maalvleis met speserye van jou keuse, ek het so bietjie broodkrummels bygegooi om goeie vorm te kry. Plaas bo-op spek repies.
Daarna een eier per bakkie. Vou spek weer dwars oor mekaar om toe te maak.
Plaas in oond vir 30 – 45 min teen 180°C.
Resep geplaas deur Annelie Troskie Booysen
Foto’s: Annelie Troskie Booysen