SOUTTERT MET GANSEIERS
Ek het weer my souttert met ganseiers gemaak, maar hierdie keer met ‘n kors.
- Kors:
- 250 g koekmeel
- 125 g koue botter
- 3 eetlepels melk of water
Sif die meel.
Vryf die botter in tot dit soos krummels lyk.
Voeg melk bietjie vir bietjie by tot deeg vorm.
Knie liggies en laat rus in die yskas vir 30 minute.
Intussen maak jy die vulsel met bestanddele na smaak.
Rol die deeg uit en sit in ‘n voorbereide tertbak om die kors te vorm.
Druk paar gaatjies in die deeg en blind bak vir 15 minute teen 200°C.
Voeg vulsel by en bak volgens vulsel resep.
https://yourrecipeblog.com/recipes/korslose-souttert-met-ganseiers/
Resep en foto: Natacha Visagie