Your Recipe Blog

KORSLOSE SOUTTERT MET GANSEIERS

Cook: 30 min

KORSLOSE SOUTTERT MET GANSEIERS

  • 250 g spek stukkies
  • 1 koppie fyn gekerfte blomkool
  • 1 koppie roommielies
  • 1 teelepel pietersielie, opsioneel
  • 6 vars groen sprietuie, fyn gekap
  • 3 ganseiers
  • 1 koppie gerasperde kaas

Braai ‘n pakkie spek stukkies in olyf olie tot gaar.
Voeg blomkool wat klein gesny is by saam met die roommielies.
Braai tot geurig en sag, voeg sout en pepper na smaak by. Voeg pietersielie by, opsioneel.
Skep die vulsel in ‘n oondvaste bak wat met olie gespuit is.
Sprinkle die vars sprietuie bo oor.
Klits 3 ganseiers goed saam met ‘n knippie elk sout en peper.
Giet die geklitste ganseiers oor die mengsel in die oondbak en skud liggies sodat dit alles mooi bedek.
Sprinkel kaas oor.
Bak is voorverhitte oond teen 200°C vir 30 minute of tot gaar.
Garneer met bietjie rooi peper.

Resep en foto: Natacha Visagie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page