Your Recipe Blog

SOUSKLUITJIES / DUMPLINGS

SOUSKLUITJIES / DUMPLINGS

Hierdie is dié regte manier om ‘n souskluitjie te maak. Sousie móét bietjie soeterig wees en so lig en smelt in jou mond! Heerlik!

  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 50 ml botter/margarien
  • 2 eiers
  • suiker, gemeng met kaneel
  • 125 ml gesmelte botter

Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter daarin.
Kilts die eier en 1 eetlepel suiker tot baie lig.
Voeg dit by die meelmengsel en meng liggies.

Plaas water in ‘n kastrol sodat dit omtrent 5 cm diep is.
Voeg 2.5 ml sout en 1 ml kaneel by en laat dit kook.

Doop ‘n teelepel in die kookwater en skep ‘n ronde teelepel vol deeg daarmee uit, sit dit in die kokende water.
Skep 4 kluitjies in die kastrol van 17 cm deursnit. Laat hulle 10 min lank kook met deksel op.

Nota:
Indien meer as 5 kluitjies gelyktydig ingeskep word, slaan party daarvan toe.
Lig die kluitjies uit die water, sit hulle in ‘n warm bakskottel en strooi kaneelsuiker bo-oor asook gesmelte botter. Vul water aan indien dit minder as 5 cm vlak bereik en laat kook eers voordat kluitjies weer ingesit word.
Herhaal tot die deeg op is.

Foto en resep gepos: Elize de Kock

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page