Your Recipe Blog

SOUSERIGE BOTTERKARAMEL POEDING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 minute

SOUSERIGE BOTTERKARAMEL POEDING

  • Deeg:
  • 1 koppie bruismeel
  • ¾ koppie strooisuiker
  • knippie sout
  • 1 eier
  • 2 eetlepels botter
  • ½ koppie melk
  • 1 eetlepel goue stroop
  • 1 teelepel karamel of vanilla geursel
  • Stroop:
  • 2 eetlepels stroop
  • 1 eetlepel botter
  • 500 ml kookwater

Voorvehit die oond tot 180 ºC .
Meng alle droë bestanddele. Vryf botter in tot dit lyk soos broodkrummels.
Meng melk, stroop en eier en voeg by droë bestanddele.
Meng deur en skep beslag in ‘n oondbak.
Maak sous as volg:
Meng goue stroop en botter met die kookwater.
Giet versigtig oor die agterkant van ‘n lepel oor die beslag versprei oor die hele poeding.
Bak in oond vir 35 minute.
Bedien met roomys of room.

Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto:  Rina Kleinhans
2de foto:  Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page