Your Recipe Blog

SOUFLé PLAATKOEKIES

SOUFLé PLAATKOEKIES

Ons eet gewoonlik nie groot etes op Sondae nie.
Toe ontdek ek Souflé Pancakes op Taste Life.
Gedink om dit uit te probeer en my gesin het daarvan gehou.
Dit het ‘n lekker ligte tekstuur.
Ek wil net byvoeg – my nonstickpan is nie meer so non-stick nie toe het ek baie skraps olie in die pan geverf.
  • 6 eierwitte
  • ½ koppie suiker
  • 1 eetlepel botter
  • 1 koppie melk (kamertemperatuur)
  • 2 eiergeel
  • 1 koppie koekmeel
  • 4 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel sout

Klits 6 eierwitte plus ½ koppie suiker styf totdat dit nie meer rond beweeg in die bak nie.
In ‘n ander bak,
Smelt 1 eetlepel botter.
Voeg by die botter 1 koppie melk (kamertemperatuur)
Meng goed.
Voeg 2 eiergele by die botter en melk en meng goed deur.
Voeg nou 1 koppie koekmeel by en meng goed deur.
Voeg die volgende by die mengsel:
4 teelepel bakpoeier en meng goed deur.
Meng 1 teelepel sout by.
Meng nou die styfgeklopte eierwit met suiker by die meelmengsel in.
Gebruik stadige hitte.
Gebruik ‘n non-stick pan en skep so 2 eetlepels vol in die pan en bak ongeveer ‘n minuut aan elke kant soos plaatkoekies.
Bak tot al die deeg op gebak is.
Bedien met stroop en vrugte.

Resep geplaas en foto: Hannie Steyn

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page