SOETSUURLEWER VIR 1 PERSOON
- Lewer:
- 250 g beeslewer, in dun repies gesny
- sout en peper
- botter en olie om in te braai
- Sous:
- 1 groot ui, in ringe gesny
- botter en olie vir braai
- 125 ml suiker
- 100 ml bruinasyn
- worcestershire sous
- koekmeel om te verdik
Geur die lewer met sout en peper en braai in olie tot net net pienk aan die binnekant,
Hou eenkant.
Hou eenkant.
Braai die uie in die botter en olie tot net sag en effens bruin.
Voeg die suiker, asyn en worcestershire sous, ‘n goeie skeut, daarby.
Kook deur en verlaag die hitte.
Kook deur en verlaag die hitte.
Verdik die sous met ‘n bietjie koekmeel wat in bietjie water gemeng is en roer goed deur.
Voeg die lewer by die sous en maak deur warm tot die lewer nie meer pienk binne is nie.
Bedien die lewer bo-op kapokaartappels of hoe jy ook al daavan hou.
Nota:
Persoonlik verkies ek baie fyn kapokaartappels sonder enige klonte met botter en vars plaasmelk, self ‘n bietjie bakpoeier so nou en dan.
Nota:
Persoonlik verkies ek baie fyn kapokaartappels sonder enige klonte met botter en vars plaasmelk, self ‘n bietjie bakpoeier so nou en dan.
Strooi fyngekapte vars pietersielie bo-oor.
Bedien warm.
Notas:
Miskien lig gebraaide repies groen- , rooi-, en geel soetrissie byvoeg volgende keer. Ek dink dit sal mooi kleur verskaf.
Soos met baie resepte pas ek dit maar aan na my eie smaak en voorkeure. Ek moet byvoeg die is slegs vir een persoon. Vermeerder na jou behoeftes.
Resep en foto: Nicolaas Martinus Swanepoel
Category:












