Your Recipe Blog

SOETSUURFRIKKADELLE

SOETSUURFRIKKADELLE

  • Frikkadelle:
  • 750 g maalvleis
  • 10 ml kerriepoeier
  • 50 ml tamatiessous
  • 50 ml Worcestersous
  • 25 ml koekmeel
  • sout en peper na smaak
  • 50 ml olie

Meng al die bestanddele behalwe die olie. Vorm dit in klein frikkadelle.
Verhit die olie en braai die frikkadelle daarin tot gaar.

  • Sous:
  • 1 geelwortel, geskil
  • 1 ui, geskil
  • 470 g blik pynappelstukke
  • 1 komkommer, geskil
  • 30 ml olie
  • 25 ml mielieblom
  • 125 ml water
  • 1 hoenderekstrakblokkie
  • 15 ml sojasous
  • 30 ml tamatiesous

Sny die wortel in dun repies en sny die ui in ringe. Dreineer die pynappelstukke en hou die stroop eenkant.
Sny die komkommer in blokkies. Verhit die olie en braai die ui en wortel. Voeg die komkommer en pynappel by en braai nog ‘n paar minute. Verwyder van die hitte. Meng die mielieblom en water en voeg die pynappelstroop, ekstrakblokkie, sojasous en tamatiesous by. Kook hierdie sous tot dik.
Plaas die groente en frikkadelle in die sous, kook ‘n paar minute deur en bedien op basmatierys of kapokaartappels.

Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Petro Labuschagne Coetzee

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page