Your Recipe Blog

SOETSUUR SKAAPLEWER

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 6

SOETSUUR SKAAPLEWER

Ek het vandag heerlike soetsuur skaap lewer gebraai in die pan. Dit is altyd heerlik. Het saam bedien wit rys en n heerlike groen slaai met pynappel stukkies. Altyd ‘n wenner.

  • 750 g skaaplewer, vel en grootste membrane verwyder en in skywe gesny
  • 125 ml bruin asyn
  • 3 heel naeltjies
  • 2 ml peper korrels
  • 1 lourier blaar
  • koekmeel, om die lewer in te rol
  • olie om in te braai
  • 2 groot uie, in skywe gesny
  • 60 ml bruinsuiker
  • sout en peper na smaak

Marineer die lewerskywe 1 uur lank in ‘n mengsel van asyn, naeltjies, peperkorrels en lourier blaar.
Verwyder die lewer uit die marinade, maar hou die marinade eenkant.
Rol lewerskywe in meel, skud die oortollige meel af en braai tot gaar in bietjie warm olie. Hou eenkant.
Voeg die marinade, uie en bruinsuiker by in die pan nadat die lewer klaar gebraai is.
Roer ook die aanbrandsels los onder op die bodem van die pan.
Verlaag hitte en laat prut tot dik sous gevorm het. Geur na smaak.
Plaas die lewer terug in die sous net tot warm en bedien.

Resep en foto: Lorraine de Vries

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page