Your Recipe Blog

SOETSUUR GARNALE MET PERSKES

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 2 porsies

SOETSUUR GARNALE MET PERSKES

Soetsuur garnale met perske- en eiernoedel (2 porsies).

  • 1 ui, opgesny
  • ½ rooi soetrissie
  • ½ geel soetrissie
  • 3 repies spek, in klein blokkies
  • 250 g garnale
  • 250 ml soetsuursous (bekende kettingwinkel het 1 met pynappel in)
  • 150 g fyngesnyde perskes, vars of geblik
  • 200 g eiernoedels
  • Parmesaan kaas
  • botter vir braai

Braai spek, uie en soetrissie en in botter terwyl die eiernoedels met ‘n teelepel sout en 500 ml water kook.
Haal die eiernoedels na 4 – 5 min af, dreineer en sit eenkant.
Voeg die garnale by die uie en spekmengsel asook die soetsuursous en braai op lekker warm hitte.
Voeg na 3 – 4 min. die perskes by en braai vir ‘n minuut of 2.
Sprinkel bietjie Parmesaan kaas oor.
Bedien op eiernoedels
Bedien warm.

Resep en foto: Jan Salti Viljoen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page