SOETSUUR GARNALE MET PERSKES
Resep en foto: Jan Salti Viljoen
Soetsuur garnale met perske- en eiernoedel (2 porsies)
- 1 ui, opgesny
- ½ rooi soetrissie
- ½ geel soetrissie
- 3 repies spek, in klein blokkies
- 250 g garnale
- 250 ml soetsuursous (bekende kettingwinkel het 1 met pynappel in)
- 150 g fyngesnyde perskes, vars of geblik
- 200 g eiernoedels
- Parmesaan kaas
- botter vir braai
- Braai spek, uie en soetrissie en in botter terwyl die eiernoedels met ‘n teelepel sout en 500 ml water kook.
- Haal die eiernoedels na 4 – 5 min af, dreineer en sit eenkant.
- Voeg die garnale by die uie en spekmengsel asook die soetsuursous en braai op lekker warm hitte.
- Voeg na 3 – 4 min. die perskes by en braai vir ‘n minuut of 2.
- Sprinkel bietjie Parmesaan kaas oor.
- Bedien warm op eiernoedels
Category:












