SODABROOD MET TIEMIE EN GRASUIE
- 2 koppies koekmeel
- 2 koppies volkoringmeel
- 1 teelepel sout
- 2 teelepels koeksoda
- 2 eetlepels botter
- 2 koppies melk met 2 eetlepels asyn gemeng of 1 ½ koppie melk en ½ koppie jogurt gemeng
- ½ teelepel tiemie
- 4 stokkies grasuie
Verhit oond tot 200°C. Smeer ‘n plat pan.
Meng die melk en asyn saam en laat ‘n rukkie staan, so 15 minute.
Meng alles saam en rol ‘n bal.
Plaas die bal op die pan en strooi sesame en lynsaad oor.
Bak in voorverhitte oond tot gaar ongeveer 50 – 60 minute.
Heerlik!!
Resep geplaas deur Annelizle Botha
Foto: Annelizle Botha