Your Recipe Blog

SMULLEKKER SOPBROODJIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minutes

SMULLEKKER SOPBROODJIE

Hierdie broodjie het baie variasies en is regtig ‘n staatmaker by enige braaivleis.  Ook bekend as die bierbroodjie.

  • Basiese resep:
  • 500 g bruismeel (self raising flour)
  • 500 ml karringmelk (buttermilk)
  • 1 pakkie soppoeier, jou keuse vir die smaak van jou broodjie – bruinuie, sampoien ens

Meng al die bestanddele met ‘n lepel, sit so bietjie gewone melk in die boksie van die karringmelk en spoel hom so ook uit.
Meng goed deur. Pas aan met een van die variasies indien verkies.
Spuit broodpannetjie baie goed met nie kleefwerende middel.
Skep deeg binne in pannetjie en gooi gerasperde kaas bo oor.
Bak vir ± 45 na 1 uur by 180ºC.  (170 ºC in ‘n waaier oond)

Nota:
Moenie te vinnig bak nie, dan sal die broodjie bo-op oopbars.
Haal uit oond en laat afkoel vir so 5 min voor jy die broodjie sny net om te verhoed dat dit breek.
Geniet hom baie!!!

Variasie:
Gebruik sampioen soppoeier en sny vars sampioene in die deeg in na smaak.
Sit semels by jou meel of  gebruik nutty wheat meel vir ‘n bruin brood variasie.  Pas die resep aan en gebruik 1.5 teelepels bakpoeier indien jy nutty wheat gebruik.
Sit sade en neute in indien verkies, self songedroogte tamaties is heerlik.
Meng die meelmengsel met ‘n bier, of room, of gewone jogurt of gewone melk en ‘n mengsel van enige van die genoemde vloeistof werk net so goed.
Desmond Proudfoot says: Add a pinch of thyme, a few crushed cloves of garlic and a cup of grated cheese to the mixture and it will taste even better

Resep aanpassing: Rina Kleinhans
Foto:  Marie Rheeder Troskie

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page