Your Recipe Blog

SLAPPAP POFFERTJIES

SLAPPAP POFFERTJIES

  • 100 ml mieliemeel
  • 500 ml water
  • 1 eier
  • 250 ml koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 3 ml sout
  • knippie rooipeper
  • ½ koppie gerasperde kaas (kan meer gebruik)
  • kookolie vir braai
  • Aromat

Meng mieliemeel en water in pot, verhit tot kookpunt en kook 20 minute tot ‘n slap pap.
Roer gereeld. Laat die pap afkoel tot lou.
Klits eier en voeg by die pap, meng deur.
Voeg droë bestanddele by en meng goed. Voeg kaas by en meng.
Skep teelepelsvol van die mengsel in warm olie en braai aan albei kante tot goudbruin.
Dreineer die gaar poffertjies op kombuispapier en sprinkel Aromat oor.

Resep kan maklik verdubbel word want dit is heerlik!

Resep en foto: Karien Bronkhorst

2 Reviews

  1. Helen Schultz

    Hoe maak ek hierdie in die airfryer gaar?

    • Hi Helen ek glo nie mens kan poffers in die lugbraaier maak nie. Om te kan pof moet dit in warm olie gaar gemaak word.
      As jy dit in klein muffin pannetjies skep en in die lugbraaier doen soos muffins, gaan jy iets kry soos pampoenkoekies, maar nie poffers nie. Laat weet as jy probeer het asb?
      Groete
      Rina

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page