SLAAIKOEK VAN PARADIESABBEL
- 1 kop blaarslaai
- 1 komkommer
- 2 uie
- 250 g tamaties
- 1 stingel Prei
- 1 bakkie radyse
- 6 gekookte eiers
- 2 soetrissies (rooi en geel)
- 150 g ham
- 150 g gouda kaas
- 1 blikkie tuna, opsioneel
- 1 houer olywe
Sny al die bestanddele in skywe of soos verkies.
Stapel die bestanddele in die volgorde soos hierbo in ‘n losboom ringpan op mekaar, maar nie die kaas heel bo-op nie.
Om te verseker dat alles vas lê as dit gesny word, berei dit reeds die vorige aand voor en bedek. Plaas in die yskas.
Volgende dag:
Sit die kaas bo-op en versier soos verkies.
Gewone Gouda in skywe gesny, ek pak eenvoudig dat dit pas 🙈 mens kan die kaas ook rasper en dan versier.
Ek hou van die skywe, want dit hou beter bymekaar as dit gesny word. Sien foto.
- SLAAISOUS
- 1 houertjie room
- 1 klein glas Miracle Whip
- 2 houertjies jogurt
Klits room styf en voeg alle ander bestanddele by. Geur met sout, peper en knoffel.
Bedien saam met die slaaikoek.
Resep en foto: Brigit Otto Vander Walt