SLAAI SAAM MET DIE BRAAI
Elna Reeders:
Ek is moeg vir my eie slaaie. Is opsoek na ‘n interessante slaai resep saam met ‘n braai asseblief. Dankie.
Ronel Potgieter Hanekom:
Die is my favorite 3:
Kerrie noodleslaai met perskes
Pynappel en komkommer slaai
Koolslaai met quava stukke
Naomi Heyns:
Ek gooi so bietjie chillie flakes by die vars pynappel en komkommer, selfs die vol-fiemies manne eet dit graag.
Odehlia Engelbrecht:
Sny avo, paw paw en feta kaas in blokkies meng met sweet chillie sous (ek verkies spesifieke maak s’n), meng en geniet. Maak net voor vleis reg is. Heerlike verfrissende slaai veral saam vleis. 😉 Dit is amper soos ‘n salsa slaai.
Odehlia Engelbrecht:
Ek gebruik komkommer ipv avo en philadelphia roomkaas in blokkies ipv feta.
Eendag ‘n slaai geëet wat vreeslik lekker was. Butternut gerasper, gemeng met perske jellie. Sjoe dit was lekker.
Ida Sonnenberg:
Sny avo blokkies en voeg blikkie sweetcorn by. Dis heerlik.
Ansie Smuts De Klerk:
Ek maak ‘n slaai van Fritos chips, kaas, tamatie en Mayo en mense mal daaroor.
Emelia Victor:
Net as jy hou van “blare”:
Pak gemengde blaarslaai, 2 kleure druiwekorrels, litchie of aarbeie, baba tamaties, fetakaas. Kan komkommer bysit. Gooi slaaisousie oor en dan makadamia neute. Heerlike verfrissend slaai.
Wendy Strydom:
Rooi slaai, klein rooi tamaties, rooi uie, baba beet, rooi slaaiblare, aarbeie, granaatpitte, rooi olywe. Strooi fetakaas oor. Kap een ‘peanut brittle’ fyn en strooi bo-oor net voor opdiening.
Joyce Esterhuyse:
Warm slaai: Braai stukkies bacon in baie botter. Voeg gevriesde mielies by en nog botter. Braai tot alles gaar is, gooi Aromat oor en dien op. Altyd ‘n gunsteling.
Anne-Marie Oosthuizen:
Ek maak gereeld noedelslaai. Kook skulpies noedels soos aanwysing, nie te sag nie. Laat afkoel. Sny 1 greenpepper in, halwe pakkie hoender viannas ook opgesny, kaas in blokkies gesny, 1 blikkie heelpit mielies gedreineer. Gooi mayonnaise by en meng. Verkoel tot nodig. Hierdie slaai bly tot 3 dae heerlik. Die viennas en kaas kan aangepas word na groter hoeveelheid, afhangende van die hoeveelheid noedels gebruik word.
Annetjie Smith:
Lekkerste wortelslaai. Rasper wortels en meng met pakkie pynappel droë jellie. Kan lemoen of suurlemoen jellie ook gebruik. Kan pynappel insny. Laat staan vir 1 uur sodat jellie oplos in wortels se sous.
Ediehanna Thomson:
Ek het ‘n slaai geëet met pasta rys, spinasie, sampioene, het ongelukkig nie resep.
Marietjie Barnard Hamman:
Waatlemoen en feta kaas, heerlik. Sny net die waatlemoen in blokkies en voeg feta kaas by. Min bestanddele en heerlik.
Kilian Arina Andre:
Bedien dit op Rocketblare, strooi “peanut brittle” oor en sprinkel met “reduced balsamic vinegar”.
Gerty Corbitt:
Sny rooi ui in blokkies en voeg by saam met growwe swart peper. Sit balsamiese asyn en bloukaas slaaisous eenkant vir gaste.
Lucia Greyling:
Ek sit spanspek en baie dun gesnyde rooi uie ook by saam Griekse slaai sous, dit is heeeeeerlik saam die waatlemoen en feta. Veral saam braai.
Louise Schutte:
PYNAPPEL SLAAI
Koop:
1 blik ingelegte pynappel
1 blik kondensmelk
1 houer suur room
Gooi pynappel se sous af en meng alles saam en sit in yskas tot lekker koud.
Dit is vreeslik baie lekker veral saam braaivleis, my kinders eet hulle trommel vol as ek dit maak.
Louisa Mans:
2 blikkies Bake beans
1 klein botteltjie Atjar
2 Vienna’s, opgesny
Meng en plaas in yskas vir ‘n uur voor gebruik. Dit is heerlik, Die Atjar gee dit ‘n heerlike smaak, hoe meer hoe beter, of halveer dit as julle net vir jou gesin maak. Kan mayonnaise byvoeg, dit is alles ‘n kwessie van smaak, ek hou van dit net so, my kleinkinders hou weer van ‘n bietjie mayonnaise by.
Sonja Theron:
LAGIES SLAAI MET EIER EN ERTJIES
gekookte eier
kropslaai blare, gesny
gevriesde ertjies
mayonnaise vir drizzle oor die eiers
bacon kips, gekrummel
Pak onder in ‘n bak die kropslaaiblare, dan die gekookte eiers wat in kwarte gesny word.
Drizzle mayonnaise oor. Skep gevriesde ertjies oor.
Krummel laaste die bacon kips oor die slaai. ‘n heerlike crunchy slaai.
Lekker as ‘n ligte middagete ook en net so lekker as ‘n bykos.
Petra Burford:
1 blikkie elk ertjies en pitmielies, afgewater
3 – 4 agurtjies, opgesny
kaas, klein blokkies
1 ui, fyn opgsny
mayonnaise
Meng alles saam. Heerlik saam braaivleis.
Bernadette Lindeque:
Die Lekkerste 3 Bestandeel Pynappel Slaai. Proe soos poeding. Wel bietjie duurder as jou algemene slaai maar verskriklik lekker. ‘n Wenner by braai.
3 blikkies pynappelstukke
1 blik kondensmelk
250 ml suurroom
Gooi sap van pynappels uit.
Meng pynappelstukke, kondensmelk en suurroom goed saam, sit in yskas vir so 2ure. Bly nooit oor vir volgende dag.
Roelette Spies:
Bernadette Lindeque ek rasper of smelt donker sjokolade ook oor… dis vrek lekker.
Bernadette Lindeque:
Roelette Spies dit klink lekker, dan is dit REGTIG ‘n poeding. 🤣
Lucia Greyling:
Ek het laas week gemaak:
komkommer, blokkies gesny
groen appels, blokkies gesny
double cream coconut jogurt
Meng alles saam. Ook pakkie gedroogde cranberries ingemeng. Dit was fantasties!
Stef Conradie:
Skywe avokado en mango met crispy bacon en feta.
Hermien Grobler:
Rooikoolslaai of broodslaai.
Tanya G G Ford:
Couscous Baie lekka met feta, pomegranate seeds en corn.
Allet Davisworth Venter:
LAGIE SLAAI
1 blikkie ertjies
1 blikkie pit mielies
3 medium wortels, gerasper
2 koppies kaas, gerasper
500 g stukkies bacon, crispy gebraai
mayonnaise gemeng met kondensmelk na smaak met ‘n ½ teelepel droë mosterd gemeng.
Bietjie mayo onder in bak. Pak nou jou vyf bestandele en sit weet mayo op en dan weer vyf lagies met mayo heelbo. Strooi bietjie bacon bo op vir die mooi. En daar is jou slaai.
Alta Kotze:
PIESANG SLAAI
5 tot 6 piesangs
4 eetlepels appelkooskonfyt
½ teelepel borrie
½ teelepel kerrie
4 eetlepels mayonnaise
2 eetlepels asyn
Maak sous aan en sit in yskas. Sny piesangs in voor ete. Meng tot alle piesangs bedek is.
Luzette Greyling:
Ek maak beet met Feta kaas en sweet chillie sous:
1 bondel beet, kook en sny blokkies
1 ½ feta, fyn gedruk met vingers
Sweet chillie sous net om alles te bind
Santie Carelse:
MAKLIKE SLAAI
1 blikkie geroomde suikermielies
1 blikkie groenertjies, gedreineer
1 blikkie pynappelstukkies, gedreineer
Meng en bedien.
ERTJIE EN KAASSLAAI:
500 g bevrore ertjies
¼ koppie gekapte groen salotuie
½ koppie Cheddarkaas, in blokkies gesny
¼ koppie suurroom
¼ koppie mayonnaise
30 ml gekapte pietersielie
sout en peper na smaak
Kook ertjies in vinnig kokende soutwater tot net sag.
Dreineer en laat afkoel.
Meng res van die bestanddele liggies saam en geur na smaak met sout en peper.
Foto: Alta de Wet