Your Recipe Blog

SKURWEJANTJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25-30 min

SKURWEJANTJIES

Hierdie “crunchies” (skurwejantjies) is sagter as die gewone hardes. Dis ook propvol hawermout en vrugte. Benewens as ’n ontbytkos dien hawermout ook as ’n heerlik bestanddeel in gebak, veral in brode en koekies. Hierdie crunchies kan ook vries, alhoewel daar nie veel sal oorbly om te vries nie! Lewer omtrent 25 blokkies.

  • Sagte crunchies:
  • 250 ml (1 koppie) bruismeel
  • 125 ml (½ koppie) klapper
  • 200 ml (¾ koppie) gerolde hawermout
  • 200 ml (¾ koppie) sagte bruinsuiker
  • 200 ml (¾ koppie) pitlose rosyne
  • 125 ml (½ koppie) sultanas
  • 125 g botter of margarien
  • 60 ml (¼ koppie) goue stroop
  • 5 ml (1 teelepel) vanilla geursel
  • 2 ekstragroot eiers

Sif meel in ’n mengbak. Voeg klapper, hawermout, suiker en droëvrugte by.
Smelt botter en goue stroop saam in die mikrogolfoond of in ‘n swaarboomkastrol. Verwyder van hitte en voeg geursel by.
Klits eiers goed. Voeg die bottermengsel en eiers by die droë bestanddele. Meng goed en druk in ’n gesmeerde pan van ongeveer 20 x 24 cm vas. Druk effens plat bo-op.
Bak vir 25 – 30 minute in ’n voorverhitte oond by 180 °C tot gaar of goudbruin. Laat effens afkoel. Sny in blokke en plaas in ’n ligdigte houer.

Variasie:
Vir ’n mooi kleur, voeg 60 ml (¼ koppie) grofgekapte verglansde rooi of groen kersies by.

Resep en foto: Daleen Terblanche

SKURWEJANTJIES- GEWONE MEEL

  • 230 g botter/margarien (250 ml)
  • 50 ml heuning of stroop
  • 10 ml koeksoda
  • 400 g suiker (500 ml)
  • 275 g koekmeel (500 ml, ongesif)
  • 250 g hawermout (750 ml)
  • 150 g klapper (500 ml)
  • 100 g gekapte neute (250 ml)
  • 50 g semels (250 ml)
  • 2 eiers, geklits

Stel oond op 160ºC.
Smeer bakplaat 40 x 27 x 2 cm of groter.
Smelt botter en heuning oor matige hitte saam.
Voeg koeksoda by en roer (mengsel skuim).
Laat effens afkoel. Meng droë bestanddele in mengbak en voeg die eiers en bottermengsel by.
Meng vinnig en liggies tot stywe krummelrige deeg. Skep in die pan en druk plat en gelyk met eierspan.
Bak vir 30 – 35 min. (Ek het nie neute en semels gehad nie, maar het toe Wheatbix in gebreek)

Resep: Sophia Pohl

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page