Your Recipe Blog

SKURWE ABRAHAMS

Recipe by
Cook: 30 minute

SKURWE ABRAHAMS

Ek het hierdie resep gebruik maar 200°C is definitief te warm. Het my gasoond na 180°C afgedraai. Ek het die deeg in 4 gedeel, worse gerol en langs mekaar gebak. Nadat dit afgekoel het dit gesny soos wanneer ek biscotti sny.  Dit het binne 3 ure uitgedroog in elektriese oond.  Baie lekker ek sal dit weer bak.  Die manne noem dit “skinny” Skurwes😅

  • 5 x 250 ml koekmeel
  • 15 ml kremetart
  • 12,5 ml sout
  • 550 ml suiker
  • 250 g botter of margarien
  • 250 ml karringmelk
  • 10 ml koeksoda
  • 1 eier

Voorverhit die oond tot 200°C.
Smeer ‘n rolkoekpan van 45 x 30 x 2 cm of bespuit dit met kleefwerende middel.
Sif die koekmeel, kremetart en sout saam.
Voeg die suiker by en meng goed.
Vryf die botter of margerien (by kamertemperatuur) met die vingerpunte in die meelmengsel in tot fyn krummels.
Meng 25 ml karringmelk met die koeksoda en meng in by die meelmengsel.
Klits die eier en 225 ml karringmelk saam.
Hou 25 ml van die karringmelk en eiermengsel eenkant.
Voeg die gemengde eier en karringmelk by die res van die bestanddele.
Meng goed tot ‘n deeg.
Verdeel in 8 ewe groot stukke.
Rol elkeen afsonderlik op ‘n meelbestrooide plank tot ‘n wors van van 28 cm en druk effens plat.
Sny elke wors in 4 ewe groot stukke en plaas effens uitmekaar op bakpan.
Verf oorblywende 25 ml karringmelken eiermengsel oor die beskuit.
Bak sowat 30 minute tot gaar op die middelste oondrak.
Laat effens afkoel, breek hulle oop of sny soos verkies en droog op draadrakke in ‘n koel oond uit.

Foto’s: Elsabie Templeton
Oorspronklike resep geplaas deur Daleen Burger

Derde foto en nota deur Ilze Jacobs:
Nadat ek Elsabie Templeton se lieflike Skurwe Abrahams gesien het (en die seuns se beskuit ook amper op was), het ek besluit om dié vir hulle te bak in plaas van my gewone beskuit resep. En ek moet sê dat dit lieflik gekom het… ek het die resep amper net so gevolg, maar ook ‘n koppie fyn wheetbix en ‘n ekstra eier bygevoeg (en die suiker gehalveer) en dit nes Elsabie in 4 rolle verdeel en gebak. Dit maak ook baie minder krummels as jy dit sny-bonus. Die seuns vra klaar wanneer word die Abrahams weer gemaak!!😉

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page