Your Recipe Blog

SKUIMPOEDING

SKUIMPOEDING

  • 1 blikkie koue Ideal melk
  • ½ koppie suiker
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • 1 pakkie jellie
  • ½ koppie kookwater
  • 1 teelepel gelatine, opgelos saam jellie
  • kleursel, opsioneel

Giet jou blikkie koue Ideal melk (dit is belangrik – dit moet koud wees) in menger bak.
Klits die Ideal melk totdat dit begin skuimerig raak. Voeg nou die suiker geleidelik by. (Die mengsel sal verdubbel)
Voeg die suurlemoensap geleidelik by.
Maak die jellie aan met die kookwater.
Voeg die jellie mengsel nou stadig by jou Idealmelk skuim.
(Jy kan kleursel byvoeg om die skuim donkerder te kleur)
Skep die skuim in afsonderlike opdien bakke. Plaas in yskas tot benodig.

Ekstra:
Kan versier word met vars vrugte.
Kan ‘n kors maak van tennisbeskuitjies en gesmelte botter.

Nota:
Ek het ‘n pakkie granadilla jellie en een blikkie granadilla pulp gebruik.
Ek het die pulp saam die opgeloste jellie gemeng.

Hooffoto Nota:
Het pynappel skuimpoeding gemaak deur 2 teelepels gelatine saam ‘n pakkie pynappel jellie optelos en dan ‘n blikie fyn pynappel waarvan meeste stoop af gegooi is, by die jellie gevoeg.

Resep: Esmarie Kooij Viljoen
Foto’s: Nicolette Papas

Francis Schoeman:
Met lemoenjellie gemaak. Heerlik. Met niks versier, anders is dit nie meer ‘n 6 bestandeel gereg nie, maar ek dink jy kan vrugte insit en ook ‘n kors van vingerbeskuitjies. As ‘n mens kunstig is, kan jy toor daarmee.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page