Your Recipe Blog

SKUIMPIES (WENNER)

SKUIMPIES (WENNER)

  • 1 ekstra-groot eier se eierwit
  • 250 ml strooisuiker
  • 30 ml kookwater
  • 15 ml asyn
  • 2 ml bakpoeier
  • druppel voedselkleursel

Voorverhit die oond tot 100°C.
Gooi die eierwit, strooisuiker, kookwater en asyn in ‘n mengbak en klits dit vinnig totdat die meringue stywe puntjies vorm as jy die klitser optel (±13 min lank).
Vou die bakpoeier liggies in die meringue in.
Skep dit in ‘n versierbuis en spuit uit op gesmeerde pan of skep teelepels vol op pan.
Versier met 100 and 1000 as jy wil.

Nota:
Bak skuimpies 1 en half uur. Bak ongeveer net 1 uur as dit klein skuimpies is soos P&P sin en as dit bv. nessie groote is kan jy dit 1 en halfuur bak. Wanneer skuimpies klein is en dit bak te lank word hulle bruinerig.  As dit groot skuimpies is, bak 2 ure, hou maar dop.

Skakel die oond af, los in die oond en HAAL UIT WANNEER OOND KOUD IS.

Moenie oond oopmaak voor dit heeltemal koud is nie, dit veroorsaak krakies op die skuimpies.
Bewaar in ‘n lugdigte houer. Die resep lewer een groot pan vol klein skuimpies. Die resep kan met groot sukses verdubbel word.

Sit 1 teelepel koffie by kookwater vir cuppachino geur skuimpies.

Foto: Marina Hamilton-Walker

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page