SKUIMPIES (MERINGUES)
- 1 eierwit
- 250 ml strooisuiker
- 30 ml warm water
- 15 ml asyn
- 1 gelyk teelepel bakpoeier
- 1 teelepel vanilla geursel
Klits die eierwit tot amper styf, voeg die strooisuiker bietjie-bietjies by en klits tot styf.
Voeg warm water by, meng goed, voeg dan asyn by en meng weer goed.
Voeg bakpoeier en vanilla by en klits tot styf.Skep teelepels vol op ‘n bakplaat wat met met botterpapier uitgevoer is.
Bak in oond teen 100°C vir 2 ure.
Skakel die oond af en los die skuimpies oornag daarin om heeltemal uittedroog.
Nota:
Mens kan die mengsel ook in ‘n spuitsak sit en spuit op die botterpapier.
Foto: Ronel Van Dyk Logan