Your Recipe Blog

SKRIKKELJAARPOEDING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 minute + | Servings: 6 porsies

SKRIKKELJAARPOEDING

Vanmiddag weer die “Skrikkeljaarpoeding” gemaak! Verskriklik lekker.
Al lankal lus vir ietsie met appelkooskonfyt!

  • 110 ml margarien
  • 125 ml suiker
  • 2 eiers, geskei
  • 250 ml ongesif afgemeet koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • knypie sout
  • 375 ml melk
  • 25 ml strooisuiker
  • 100 ml fyn appelkooskonfyt

Stel die oond op 180°C en smeer ‘n vuurvaste skottel van 24 cm in deursnee.
Klop die maragrien en suiker saam tot romerig. Voeg die eiergele by en meng.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en roer beurtelings met 75 ml van die melk by die suikermengsel.
Giet die beslag in die bakskottel en bak vir 30 minute.
Klits die eierwitte en strooisuiker saam tot styf, net voor die poeding uit die oond gehaal moet word.
Haal die poeding uit en giet die oorblywende melk bo-oor.
Smeer die konfyt bo-op die poeding en bedek met die eierwit.
Plaas terug in die oond en bak nog ‘n paar minute tot die meringue verbruin.
Sit warm voor.

Foto: Amanda Struwig

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page