Your Recipe Blog

SKONS MET KEFIR / KARRINGMELK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 12 Minute | Servings: ongeveer 20

SKONS MET KEFIR / KARRINGMELK

Vandag hierdie mini skons gebak. Absoluut heerlik. Baie maklik om te maak.

  • 500 g bruismeel
  • 1 teelepel sout
  • 2 eetlepel suiker
  • 2 eiers, geklits
  • ½ koppie olie
  • 1 koppie kefir / karringmelk of maas

Sif droë bestanddele saam. Klits die nat bestanddele saam tot gemeng. Roer die nat bestanddele by die droë bestanddele tot net gemeng en druk deeg plat so 2 cm dik op ‘n meelbestrooide oppervlak.
Druk vorms uit en bak so 12 min by 180ºC.
Nota:
Hierdie resep is so maklik en vinnig. Ek het volroom maas gebruik.
Ek het 5 cm deursnee sirkels uitgedruk en ongeveer 20 uitgedruk. Het resep 2 keer aangemaak want my bestelling was 3 dosyn. Sal weer hierdie resep gebruik. Skons is nie droog nie en proe regtig aangenaam.

Resep: Renate Terblanche en Fanie Smit
Foto: Fanie Smit

Category:

2 Reviews

  1. Gené van Niekerk

    Hallo Hettie
    Ek gaan môre hierdie skon resep van jou bak.
    Ek het n soortgelyke resep en dit is elke keer n reuse sukses!!
    Groete

    • Hi Gene baie dankie vir jou boodskap, dit is ongelukkig nie Hettie se resepte nie, die naam van die persoon wie se resep dit is staan onder aan die resep, Hettie het net nie resep op die website vir ons gelaai. Geniet Fanie Smit se resep sommer baie, en kom wys vir ons op ons facebook groep FOOD LOVERS RECIPES die resultaat asb?
      Mooi dag

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5