Your Recipe Blog

SKILFERKORSDEEG WIELE

Cook: 30 minutes | Servings: 12 uitgekry sonder kante

SKILFERKORSDEEG WIELE

  • 1 rol skilferkorsdeeg
  • 1 koppie gaar hoender (oorskiet van nacho’s wat reeds uie, rissies en speserye in het)
  • ½ koppie gerasperde kaas, of meer
  • 1 pak baba spinasie, gaar en gedreineer
  • 3 eetlepels mayonnaise, jogurt, mosterd gemeng
  • 1 geklitste eier, vir smeer

Rol deeg oop, rol net klein bietjie uit, nie te dun nie.
Smeer die mayonnaise mengsel oor die deeg.
Pak hoender en spinasie eweredig oor deeg, maak ry hoender by “begin-punt” om lekker te rol.
Sprinkel kaas bo-oor.
Rol stewig op.
Sit in vrieskas vir 10 minute.
Sny in ongeveer 1 cm skywe.
Pak op gesmeerde bakplaat (bakpapier op plaat of enige gesmeerde bak).
Verf met eier.
Bak vir 30 minute by 200ºC.

Variasies:
Sit gaar spek of ham by of gebruik enige ander gaar vleis
Gebruik Feta in plaas van Cheddar of altwee.
Room mielies, murgpampoentjies of groente van jou keuse by.
Bak in rol in plaas van skywe op laer hitte vir langer tyd, vir rol – pak vulsel net 3/4 vol en sny repies in die bokant van die deeg.
Bedien saam slaai of groente apart, as maaltyd in plaas van peuselhappie.

Resep en foto: Anna-Marie Maree Botes

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page