SKEP DONUTS MET GLANS
- Beslag:
- 1 koppie melk
- 1 groot eier
- 2 koppie koekmeel
- 2 eetlepel suiker
- 4 ½ teelepel bakpoeier
- ¼ teelepel sout
- ¼ koppie gesmelte botter
- Olie om in te bak
Meng droë bestanddele saam.
Klits eier en melk saam. Roer by droë bestanddele in en meng goed.
Roer nou gesmelte botter in en meng deeglik met houtlepel.
Maak olie warm in ‘n pot op die stoof, nie te warm .
Skep teelepels vol deeg in warm olie en braai beide kante toe bruin en gaar.
Dreineer op kombuis papier.
- Glans:
- Meng saam:
- 1½ koppie versiersuiker
- 3½ eetlepel melk
- 2 teelepel vanilla
Doop gaar warm doughnuts in die mengsel en sit op draadrak om af te drup.
Eat you heart out … manjaps lekker.
Bron: Madelein Bezuidenhout
Beproef en Foto: Roni Van Der Walt