Your Recipe Blog

SKELVISGEBAK MET AARTAPPELSKYFIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min

SKELVISGEBAK MET AARTAPPELSKYFIES

  • 1 karton “haddock medallions”
  • 1 ui fyn gekap
  • 1 knoffeltoontjie fyn gekap
  • 1 pakkie sampioene fyn gekap
  • halwe pakkie sampioensoppoeier aangemaak met 250ml melk
  • Sout en peper na smaak

Voorverhit oond tot by 200 ºC

Pak die vis in ‘n oond skottel.
Geur met sout en peper na smaak aan albei kante van die vis.
Braai uie, sampioene en knoffel saam in ‘n pan tot uie sag is.
Skep die uie mengsel oor die vis.
Gooi die sampioenesoppoeier wat aangemaak is met die melk oor die vis en maak die oond skottel toe met foelie.
Bak in die oond +- vir 30 min of tot vis gaar is.
As die vis vlok dan is dit gaar. Die sous sal ook lekker dik word.
Nota:
Ek het dit bedien saam met gemengde groente, aartappelskyfies wat ek in die oond gemaak het en avokado skywe.

AARTAPPELSKYFIES IN DIE OOND
Sny aartappel in skywe.
Sprinkel bietjie olie in pyrex bak.
Sit die aartappel skyfies in die bak en sprinkel Steers se “seasoning” sout oor.
Bak in warm oond (220 ºC) tot sag en lekker bruin

Resep en foto: Juanita Vermeulen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page