Your Recipe Blog

SKELVIS “MORNAY” – HADDOCK

SKELVIS “MORNAY” – HADDOCK

  • 2 gerookte skelvis filette (haddock)
  • ½ tamatie, geskil en in blokkies gesny
  • ½ ui, fyn gekap
  • 750 ml witsous met sout en peper volgens smaak
  • rooi pepper, om bo-oor te strooi
  • pietersielie, vir garnering

Bespuit ‘n oondvaste bak van 18 x 13 cm bx 5 cm diep.
Skep 250 ml witsous in die bak en maak gelyk.
Pak die vis bo-op die witsous.
Strooi eweredig die ui en tamatie oor die vis.
Skep die res van die witsous oor die vis sodat die witsous die vis bedek.
Strooi bietjie rooi pepper en pietersielie oor.
Bak die vis tot mooi bruin en gaar teen 180ºC – ongeveer 30 min.

Nota:
Hierdie resep is genoeg vir 2 mense.
Die resep kan verdubbeld volgens die hoeveelheid vis wat jy wil gaarmaak.

Resep en Foto: Ilona Turner

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page