SKAAPVLEIS KERRIEPOT
- 1 kg skaap kookvleis
- 1 ui, gekap
- 2 knoffelhuisies, gekneus en gekap
- 1 duim grote gemmerwortel, gerasper
- 2 eetlepel kerriepoeier
- 2 kruie naeltjies
- 3 kardamomsade
- 3 stukke kaneelbas
- 2 eetlepel olie
- 1 blik gekapte tamatie
- 3 aartappels, in kwarte
- 1 koppie vleisekstrak
Braai uie in olie tot deurskynend.
Sit kardamom, naeltjies en kaneel by en braai 30 sekondes saam .
Voeg die kerrie by en braai verder vir nog 30 sekenodes.
Voeg vleis by en roer goed dat vleis behoorlik met speserye bedek is .
Voeg tamatie, gemmer en knoffel by en roer goed deur
Voeg aftreksel by, dit die deksel op en kook op lae hitte tot vleis sag is .
Sit aartappel by en kook tot sag .
As die sous te waterig is, maak die sous dikker met Maizena wat met bietjie water gemeng is. Kook weer goed deur.
Bedien op rys.
Resep en foto: Hendrik Markgraaff