Your Recipe Blog

SKAAPSTERTJIES

SKAAPSTERTJIES

My resep…loop soos stroop…👌

  • 1 kg skaapstertjies
  • 2 uie, stukke in skywe gesny
  • 1 groot wortel, in stukke gekap
  • “steak and chops” speserye na smaak
  • braaivleisspeserye of vervang dit en koljander met biltong speserye na smaak
  • koljandersaad, gebreek (sommer met ‘n koekroller) na smaak
  • suurlemoensap
  • Opsioneel:
  • roosmaryn takkies

Plaas die skaapstertjies, wortel en uie in ‘n kastrol en bedek met water. Voeg braaispeserye en koljander of/en biltongspeserye in water na smaak. Jy kan ook paar stukkies roosmaryn en gemaalde swartpeper byvoeg asook ekstra sout. Kook ongeveer 2 1/2 uur in gewone pot of tot die stertjies sag is.

OF:
Kook in stoompot vir 30 tot 35 min tot sag. Stoompot werk maklikste.
Haal uit, dreineer en strooi lekker DIK met Robertson “Steak and Chops” speserye, en ek bedoel lekker dik!!!
Nou kan jy die sagte skaapstertjies in ‘n 200°C oond rooster of jy kan dit braai oor matige kole tot begin bros raak. Draai gereeld om, om te verhoed dat die brand.
Druk met die laaste draai of twee suurlemoensap uit oor die stertjies.

Opsioneel:
Voeg ‘n paar takkies roosmaryn op die kole voor jy begin braai. Indien jy dit gaan rooster in die oond sprei jy die gesnyde ui uit op ‘n bakplaat. Pak skaapstertjies bo-op en geur met die speserye en koljander. Rooster tot dit bruin is.

Foto en resep: Jan Lotz

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page