SKAAPSKENKEL KERRIE
- 900 g skaapskenkels of enige stowe vleis
- 500 ml vleisaftreksel
- 2 uie, fyngekap
- 20 ml matige kerriepoeier
- 2 groen soetrissies, opgekap
- 15 ml asyn
- 3 lourierblare
- sout en peper na smaak
- 30 ml appelkooskonfyt
- 15 ml suiker
- 3 tamaties, ontvel en gekap
- 2 piesangs, fyngedruk
- 1 groen appel, geskil en gerasper
Verhit ‘n klein bietjie olie en braai die skenkels tot bruin. Skep uit en hou eenkant.
Braai die uie in dieselfde olie tot sag en geurig.
Voeg die soetrissie en die kerriepoeier by en braai deur.
Voeg die skenkels terug asook al die ander bestanddele.
Laat kook vir ongeveer 2 tot drie ure tot vleis sag en die sous verdik het.
Bedien met rys.
Resep en foto: Amanda Austen