Your Recipe Blog

SKAAPRIBBETJIE MARINADE

SKAAPRIBBETJIE MARINADE

Hierdie resep behoort aan tannie Jo Calitz van Swakopmund. Dis heerlik.

  • 1 pakkie bruin uiesoppoeier
  • 1 koppie blatjang
  • 1 koppie mayonnaise
  • heuning, na smaak
  • 1 koppie kookwater
  • gekapte knoffel, na smaak

Ek “pre cook” my ribbetjie altyd en dan marineer ek dit.
Meng die bogenoemde bestanddele saam en marineer die ribbetjie daarin ongeveer 3 – 4 ure tot gebruik.
Sit foelie oor die pan waarin jy bak. Bak dan in die oond teen 180ºC vir 1 – 2 ure.
Haal foelie af en bak vir nog so 30 min of tot goudbruin en krakerig.

Resep geplaas deur Barbara Bullock
Foto:  Lizel Taljaard Wessels

Nota:
Die vleis val van die been af. Vanaand gemaak saam putu pap

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page