SKAAPKERRIEPOT MET KLUITJIES
- 4 heel skenkels, of gesny soos jy verkies
- 4 aartappels, geskil en in kwarte
- 1 wortel, in ringe
- 2 eetlepels kerriepoeier
- 4 kardamom sade
- 2 stukke kaneelbas
- 2 lourierblare
- 1 ster anys
- 1 blik heel tamaties
- 1.5 liter skaap aftreksel
- 30 ml olie
- handvol sprietuie
- Deeg:
- 1 koppie koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- sout na smaak
- genoeg water om dik slap deeg te maak
Braai skenkels in olie tot bruin.
Maak tamatie in ‘n bak fyn, sit gekapte sprietuie by. Voeg by die skenkels as dit mooi bruin is met helfte van aftreksel ook.
Krap van jou kole weg as dit te warm is. Jou pot moet net prut vir 2 ure of tot skenkels sag is. Bly opvul met aftreksel dat hy nie droog raak nie.
Voeg res van speserye by en prut vir halfuur.
Nou tyd vir wortels en aartappels, prut tot aartappel sag is.
Meng die deeg bestanddele saam tot ‘n slap deeg.
Skep lepelsvol deeg op die vleis en groente in die pot, sit die deksel op en kook so 10 tot 15 minute tot jou deeg gerys en gaar is. Moenie die deksel optel vir die eerste 10 minute.
Resep geplaas deur Hendrik Markgraaff
Foto: Hendrik Markgraaff
Ongelooflike resep. Elke keer ‘n wenner