Your Recipe Blog

SJOKOLADEPANKOEK MET KARAMEL

Recipe by
Cook: 55-60 minute

SJOKOLADEPANKOEK MET KARAMEL

  • Beslag:
  • 1½ koppie suiker
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 5 eiers, geskei
  • ¾ koppie olie
  • ¾ koppie water
  • 1¾ koppies koekmeel
  • 3 teelepels bakpoeier
  • 4 eetlepels kakao
  • ¼ teelepel sout
  • Stroop:
  • 1 ½ koppies water
  • 3 eetlepels koffiepoeier
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 1½ koppies suiker
  • 2 ml karamel ekstrak
  • Versiersel:
  • 125 ml room
  • 1 blik karamel kondensmelk of gegeurde karamel kondensmelk
  • 1 Peppermint Crisp sjokolade stafie of sjokolade stafie van jou keuse

Klits die suiker, vanilla en eiergele saam.
Klits die olie en water saam en meng met die suikermengsel.
Sif droë bestanddele saam en meng deur nat bestanddele.
Klop eierwitte styf en roer deur die beslag met ‘n lepel.
Plaas in ‘n groot gesmeerde oondpan en bak by 180ºC vir 55 – 60 minute.
Kook stroopbestanddele saam en giet oor koek sodra dit uit die oond kom.
Klits room styf en roer karamel kondensmelk by.
Smeer oor die afgekoelde koek en rasper Peppermint Crisp sjokolade oor.

Resep geplaas deur Corlia Laney
Foto:  Corlia Laney

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page