Your Recipe Blog

SJOKOLADEBESKUIT (ROMANY CREAMS)

Cook: 45 - 60 minutes

SJOKOLADEBESKUIT (ROMANY CREAMS)

Resep geplaas: Jana Prinsloo
Foto 1 en nota: Erica Cosjin
Foto 2 en nota:Martie Labuschagne

  • 900 g bruismeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 75 g kakao
  • 1 koppie donkerbruin suiker
  • 3 ml sout
  • 375 ml klapper
  • 250 g margarien (Stork bake)
  • 500 ml karringmelk
  • 2 ekstra groot eiers, geklits
  • Meng die droë bestanddele saam in ‘n mengbak en plaas eenkant.
  • Smelt die margarien en voeg die eiers en karringmelk by, roer tot gemeng.
  • Voeg die margarienmengsel by die droë bestanddele en roer tot goed gemeng.
  • Druk die deeg in ‘n gesmeerde beskuitpan en bak in ‘n voorverhitte oond vir 45 min by 160°C (termowaaieroond) of vir 1 uur by 165°C (gewone oond).
  • Sny die gaar beskuit in vorms van eie keuse en droog oornag uit by 50ºC.

Nota: Erica Cosjin – Vir die panneman pan met die snyers het ek die beslag 1.5 keer aangemaak. Smaak net soos “Romany creams”.

Nota: Martie Labuschagne – My weergawe van die “Romany cream” beskuit, dit is heerlik, probeer gerus. Ek het koekmeel (6 koppies) en bakpoeier (30 ml) gebruik ipv bruismeel en bakpoeier. Ek het ‘n ½ koppie sjokolade splinters bygevoeg en die margarien by die droë bestanddele ingevryf ipv gesmelt.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page