Your Recipe Blog

SJOKOLADE VLASKYWE

SJOKOLADE VLASKYWE

  • Vla:
  • 1 pakkie Cream Crackers
  • ½ koppie vlapoeier
  • ¼ koppie kakaopoeier
  • 1 koppie strooisuiker
  • 4 koppies melk
  • 300 ml room
  • 200 g sjokolade, fyngekap
  • ½ koppie milopoeier
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • 5 teelepels gelatien
  • 1 blikkie gekookte kondensmelk
  • Sjokolade versiersel:
  • 300 g sjokolade, fyngekap
  • ⅓ koppie room

Pak die helfte van die cream crackers op die bodem van ‘n glasbak.
Meng vlapoeier, kakao, suiker en milo. Roer ‘n ½ koppie melk daarby en maak seker dat daar geen klonte is nie.
Verhit res van melk en room tot kookpunt.
Roer die kakao mengsel by melk en hou aan roer tot dit begin kook en verdik.
Kook vir 2 minute.
Verwyder van hitte en voeg fyngekapte sjokolade en vanilla geursel by. Roer totdat al die sjokolade gesmelt het.
Sprinkel gelatien oor ‘n ⅓ koppie water en laat staan tot uitgeswel. Plaas houer met gelatien in ‘n houer met kookwater en roer totdat gelatien opgelos en glad is, of smelt in mikrogolf teen 50% krag. Moenie dat gelatien kook nie.
Voeg die opgeloste gelatien in ‘n dun straaltjie by die vla en hou aan roer totdat alles bygevoeg is.
Skep mengsel bo-op cream crackers in die glasbak.
Pak die oorblywende cream crackers bo-op die vla. Laat afkoel tot koud.
Smeer gekookte kondensmelk oor.
Maak sjokolade versiersel deur die sjokolade en room te meng en te smelt in die mikrogolf. Mikrogolf op 100% krag vir 20 sekondes en roer tot glad.
Skep oor karamel kondensmelk en versier met sjokolade krulle.
Verkoel tot gestol. Sny in skywe en geniet.

Resep en foto: Alta de Wet

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page