SJOKOLADE TRUFFELS
- 1 blik kondensmelk (385 g), kamertemperatuur (moet loperig wees)
- 50 g kakaopoeier
- 1 pakkie Marie beskuitjies, fyngemaak
- gedroogde klapper of ekstra kakao om truffels in te rol
Plaas kondensmelk in ‘n mengbak.
Sif die kakao by en meng deeglik.
Voeg die fyngemaakte Marie-beskuitjies by en meng goed.
Mengsel kan soos ‘n degie word. Indien dit te taai en loperig is, voeg nog kakao by.
Plaas die mengsel in ‘n plat bak en verkoel vir 15 – 30 minute in die yskas.
Sny in grootte blokkies van jou eie keuse. Vorm ‘n balletjie van die blokkies..
Rol die bolletjie in klapper of in die ekstra kakao – dit lyk dan soos die bolletjies in die foto.
Die blokkies kan ook net so gelaat word – strooi bietjie kakao bo-oor.
Resep en foto: Anika Steyn