SJOKOLADE S’MORES CUPCAKES
- 1 ¾ koppie bruismeel
- 2 koppies wit suiker
- ¾ koppie kakao
- 1 ½ teelepel koeksoda
- ¾ teelepel sout
- 2 groot eiers
- 1 koppie karringmelk (of vervang met 1 eetlepel wit asyn in 1 koppie melk; laat staan vir 5 min tot dik)
- ½ koppie botter, gesmelt
- 1 eetlepel vanilla ekstrak
- 1 koppie warm koffie (of 2 teelepels kitskoffie in 1 koppie kookwater)
Meng al die droë bestanddele bymekaar.
Meng dan die ander bestanddele by die karringmelk.
Voeg karringmelkmengsel by die meelmengsel en meng goed deur.
Laastens word die warm koffie bygevoeg en ingemeng.
Skep die beslag in cupcake pannetjies wat met papiertjies uitgele is of in ‘n voorbereide koekpan.
Bak koek in 180°C oond vir 35 min.
Cupcakes vir 15 min – lewer 28 cupcakes.
Wenk:
LOPERIGE BESLAG!!!!!
Kan ook Lindt sjokolade in middel sit vir verrassing of as klaar gebak het uit hol en caramel treat insit.
- Malvalekker Versiering
- 4 groot eierwitte
- 250 ml wit suiker
- knippie sout
Sit alles in ‘n hittebestande bak.
Plaas dit oor ‘n kastrol met water wat net net gekook het. Roer aanhoudend die eiermengsel tot suiker opgelos het.
Haal die bak van die kastrol af en klits vir 2 min op laag en daarna vir 5 min op hoog tot sagte meringue punte maak.
Wenk:
WATER MOENIE KOOK NIE!!!!
Nou kan die cupcakes versier word, gebruik ‘n blaasflam om die mooi krulle uit te bring.
Resep en foto: Corné Visser












