SJOKOLADE POEDING
Gisteraand se heerlike sjokolade poeding saam met boksie vla na die heerlike hoender noedelpot.
- Sjokoladesous:
- 1 ½ koppie water
- 1 ½ koppie bruinsuiker
- 3 eetlepels kakao
Kook bestanddele saam vir ‘n paar minute en hou warm terwyl beslag gemaak word.
- Beslag:
- ¼ koppie botter
- ¾ koppie suiker
- 1 eier
- 1 koppie meelblom
- 3 teelepels bakpoeier
- ½ teelepel sout
- 1 ½ teelepel kakao
- ¾ koppie melk
- ½ teelepel vanilla
Klop botter en suiker tot room en voeg geklitste eier by.
Klop weer goed.
Sif droë bestanddele saam en roer om die beurt met melk by bottermengsel in en meng vanilla by.
Skep in gesmeerde oondskottel en giet warm sous oor.
Bak vir 30 min in voorverhitte oond op 180°C.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw