SJOKOLADE MALVAPOEDING
Jy sal nie weer die gewone een maak as jy hierdie een geproe het nie.
- Beslag:
- 80 g (⅓ koppie) botter
- 400 ml suiker
- 2 ekstrag groot eiers
- 500 ml (2 koppies) koekmeel
- 7 ml (1 ½ teelepel) koeksoda
- 10 ml (2 teelepels) bakpoeier
- 50 ml (40 g) kakaopoeier
- 500 ml (2 koppies) melk
- 30 ml (2 eetlepels) asyn
- 40 ml appelkooskonfyt
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n oondbak met die gesmelte botter of gebruik kossproei.
Klop die suiker en botter sowat 5 minute in ‘n mengbak tot romerig.
Klits die eiers by en klits die hele mengsel goed. Sif die meel, koeksoda, bakpoeier en kakao in ‘n aparte mengbak.
Meng die melk, asyn en appelkooskonfyt in ‘n aparte mengbak.
Voeg die melkmengsel en die droë bestanddele beurtelings by die romerige eiermengsel.
Meng alles baie goed en giet in die bereide oondbak.
Bak sowat 30 minute of tot gaar.
- Sous:
- 150 g botter
- 300 ml room
- 180 ml (¾ koppie) suiker
Meng intussen die sousbestanddele in ‘n klein kastrol en bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte en laat prut sowat 3 minute.
Giet warm sous oor poeding sodra dit uit die oond uit kom.
Geplaas en getoets: Amanda Struwig
Foto: Elizabeth Haupt
Ekstra foto’s: Rina Kleinhans – Halveer die resep vir 6 porsies en sit bietjie nachtmusik in die sous.. heerlik.. bedien met vla.
Madelein Bosch – Probeer so paar swart Wilson toffees by die sous volgende keer! Ek dit al so gemaak! Baie lekker en iets anders!
Brown or white vinager pls
Hi Cashandra
Any one will be perfect, seeing that it is a dark pudding, it does not matter.. Enjoy